Esegiël 37:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het my in besit geneem, en die Gees van die Here het my weggeneem na ’n vallei vol bene.

2. Hy het my tussen die ou, droë bene wat op die valleivloer lê, rondgelei. Hulle het oral op die grond gelê.

3. Toe vra Hy: “Mensekind, kan hierdie bene weer lewende mense word?”“Oppermagtige Here, U alleen ken die antwoord,” het ek gesê.

Esegiël 37