10. “Jy het gesê: ‘Israel en Juda se grond sal myne word. Ek vat dit vir my. Wat gee ek om dat die Here daar is?’
11. Daarom, so seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, sal Ek jou met dieselfde woede en naywer behandel waarmee jy Israel behandel het. Jy sal My leer ken wanneer Ek jou oordeel.
12. Dan sal jy besef dat Ek, die Here, elke smalende woord gehoor het wat jy teen die berge van Israel gesê het. Jy het gesê: ‘Hulle is vernietig. Laat ons hulle verder verwoes!’
13. Julle monde was groot teen My, julle het gepraat sonder om te dink. En Ek het dit gehoor!
14. “So sê die oppermagtige Here: Die hele wêreld sal bly wees wanneer Ek jou verlate maak.
15. Jy was mos bly toe Israel se erfdeel verlate gemaak is. Nou gaan Ek jou net so behandel! Jy sal verlate word, Seïrberg en almal wat in Edom leef. Dan sal jy besef dat Ek die Here is!”