Esegiël 30:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. “Kus, Put, Lud, die hele Arabië en Kub, en al hulle bondgenote sal in die oorlog omkom.

6. “Want so sê die Here: Al Egipte se bondgenote sal val, en die mag waarop hy so trots was, sal vernietig word. Van Migdol tot by Sewene sal hulle deur die swaard doodgemaak word, sê die oppermagtige Here.

7. Egipte sal verlate wees, omring deur verlate volke. Sy stede sal puinhope wees, omring deur stede wat puinhope is.

8. Wanneer Ek Egipte aan die brand steek en al sy bondgenote vernietig word,sal hulle besef Ek is die Here.

9. “Daardie dag stuur Ek boodskappers met skepe om die rustige mense van Etiopië bang te maak. Hulle sal paniekbevange wees die dag as Egipte verwoes word, wat verseker gaan gebeur.

10. “Die oppermagtige Here sê: Ek vernietig die hordes van Egipte deur koning Nebukadnesarvan Babilon.

11. Hy en sy wrede soldate is gestuur om die land te vernietig. Hulle maak oorlog teen Egipte tot die land vol dooies lê.

Esegiël 30