Esegiël 3:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die stem sê toe vir my: “Mensekind, eet wat Ek jou gee. Eet hierdie boek. En gaan dan en gee hierdie boodskap vir die volk Israel.”

2. Ek het toe my mond oopgemaak en Hy het my die boek gegee om te eet.

3. “Eet dit alles. Eet jou versadig daaraan,” sê Hy. En toe ek dit eet, het dit so soet soos heuning geproe.

Esegiël 3