Esegiël 29:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Egipte sal ’n verlate puinhoop wees, en die mense van Egipte sal besef dat Ek die Here is.“Want jy het gesê: ‘Die Nyl behoort aan my. Ek het dit self gemaak.’

10. Nou het Ek jou en jou rivier se vyand geword. Ek vernietig Egipte, van Migdol tot Aswan, tot by die grens van Kus.

11. Vir 40 jaar lank sal niemand, nie ’n mens of dier, daar verbygaan nie. Niemand sal daar bly nie.

12. Ek maak Egipte verlate, omring deur ander nasies wat verlate is. Die stede sal leeg en verlate lê vir 40 jaar, omring deur verlate stede. Ek verstrooi die mense van Egipte na verre lande.

13. “Die oppermagtige Here sê ook nog: Aan die einde van 40 jaar bring Ek die mense van Egipte huis toe uit die lande waarheen hulle verstrooi was.

14. Ek herstel die voorspoed van Egipte en bring hulle terug na die land van Patros, die land van hulle herkoms, maar dan sal Egipte ’n onbelangrike land wees.

15. “Dit sal die kleinste van die nasies wees, nooit groot genoeg om hom weer bo die ander te verhef nie. Ek maak dit so swak dat dit nie weer oor ander nasies sal regeer nie.

Esegiël 29