Esegiël 28:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Jy het groot rykdom versamel met jou wysheid en insig. Vol goud en silwer is jou skatkamers.

5. Jou vaardigheid in handeldryf het jou baie ryk gemaak, en dis juis jou rykdomwat jou so hooghartig gemaak het.

6. “Daarom, so sê die oppermagtige Here: Jy dink jy is slimmer as ’n god.

7. Daarom laat Ek ’n vyandige, ’n wrede leër teen jou optrek. Hulle sal jou wysheid aanval en al jou aansien verwoes.

8. Hulle sal jou in die graf laat beland. Jy sal gewelddadig doodgaan in die hart van die see.

9. Sal jy by dié wat jou doodmaak, nog spog: ‘Ek is ’n god!’? Voor hulle sal jy nie ’n god wees nie, maar net ’n mens.

Esegiël 28