1. Die Here het vir my gesê:
2. “Mensekind, sê vir die koning van Tirus die oppermagtige Here sê: “Ewe trots het jy verklaar: ‘Ek is god! Ek sit op die gode se troon in die hart van die see.’Maar jy is net ’n mens, nie ’n god nie.
3. Jy dink jy is slimmer as Daniël, en dat daar geen geheim is wat jy nie ken nie.
4. Jy het groot rykdom versamel met jou wysheid en insig. Vol goud en silwer is jou skatkamers.
5. Jou vaardigheid in handeldryf het jou baie ryk gemaak, en dis juis jou rykdomwat jou so hooghartig gemaak het.
6. “Daarom, so sê die oppermagtige Here: Jy dink jy is slimmer as ’n god.
7. Daarom laat Ek ’n vyandige, ’n wrede leër teen jou optrek. Hulle sal jou wysheid aanval en al jou aansien verwoes.
8. Hulle sal jou in die graf laat beland. Jy sal gewelddadig doodgaan in die hart van die see.
9. Sal jy by dié wat jou doodmaak, nog spog: ‘Ek is ’n god!’? Voor hulle sal jy nie ’n god wees nie, maar net ’n mens.
10. Vreemdelinge sal jou doodmaak soos ’n heiden doodgemaak word. Ek, die oppermagtige Here, sê so!”
11. Die Here het ook vir my gesê:
12. “Mensekind, sing ’n begrafnislied oor die koning van Tirus. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Jy het wysheid en prag vervolmaak.