Esegiël 21:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. “Mensekind, sê vir die mense die Here sê: “’n Swaard word skerp gemaak en blink gevryf.

10. Dit word gereed gekry vir ’n verskriklike slagting.Dit sal blink soos weerlig! Lag julle daaroor? Ander wat baie sterker as jy is, het al voor sy mag geval!

11. Ja, die swaard word skerp en blink gemaak. Dit word gereed gekry vir die laksman.

12. “Mensekind, roep uit en huil, want die swaard is teen my volk gerig. Dit is gerigteen die leiers van Israel,uitgelewer om deur die swaard te sneuwel. Slaan met jou hande teen jou heupe omdat jy ontsteld is!

13. Almal sal getoets word. Die oppermagtige Here vra nou: Watter kans het hulle?

14. “Mensekind, profeteer teen hulle. Klap jou hande. Vat dan die swaard, swaai dit heen en weer,twee keer, drie keer,want dit gaan mense doodmaak en hulle heeltemal deurboor.

15. Laat hulle harte wegsmelt van skrik, want die swaard blits by al hulle poorte. Dit blits soos weerlig,blink gevryf om dood te maak.

16. Swaard, slaan na regs, slaan na links, wie jy ook al wil tref!

Esegiël 21