Esegiël 21:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Die een pad gaan na Ammon en sy hoofstad Rabba, en die ander na Juda en die versterkte stad Jerusalem.

21. “Die koning van Babilon staan nou by die vurk in die pad. Hy weet nie watter een hy moet aanval nie. Hy roep sy towenaars om die voortekens te lees. Hulle skud pyle, raadpleeg die gode en ondersoek ’n dier se lewer.

22. In sy regterhand kom die teken: Draai na Jerusalem toe! Hulle beweeg met stormramme na die poorte toe. Hy gee die bevel om aan te val. Hulle bou ’n beleëringswal en torings teen die stad om oor die muur te kom.

23. “Die mense van Jerusalem dink dis ’n fout, want het hulle nie ’n ooreenkoms met die koning van Babilon aangegaan nie? Maar die koning van Babilon herinner hulle aan hulle opstandigheid. Hy val hulle aan en neem hulle gevange.

Esegiël 21