Esegiël 19:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “‘Jou ma was soos ’n wingerdstokwat langs die water geplant is.Dit het druiwe en ranke gehadomdat daar baie water was.

11. Haar takke was sterk,sterk genoeg vir septers van konings.Dit het hoog uitgetoring bo almal.Dit het uitgestaan omdat dit hoog wasen ’n groot klomp welige takkegehad het.

12. Maar dit is in woede ontwortelen teen die grond neergegooi.Die woestynwind het dit laat opdroogen die vrugte gestroop.Die takke is afgeruken deur vuur verbrand.

13. Nou is die wingerdstokin die woestyn geplantwaar die grond hard en droog is.

14. ’n Vuur het uit sy takke gekomen die vrugte verbrand.Van die oorblywende takke is nie een sterk genoeg vir ’n koninklike septer nie.’“Dit is ’n begrafnislied. Dit is nou tyd vir die begrafnis.”

Esegiël 19