16. Maar Ek sal enkeles van hulle red van die oorlog, hongersnood en pessiektes sodat hulle vir die nasies waar hulle gaan bly van hulle afskuwelike dade kan vertel. Dan sal die nasies besef dat Ek die Here is!”
17. Die Here het weer met my gepraat:
18. “Mensekind, bewe terwyl jy jou kos eet en bewe van vrees terwyl jy jou water drink.
19. Sê vir die burgers van die land: So sê die oppermagtige Here vir die inwoners van Jerusalem en vir die land Israel: Hulle sal bewe terwyl hulle hulle kos eet en hulle sal hulle water in wanhoop drink. Hulle land sal gestroop word van alles wat daarin is oor al die geweld wat die mense wat daarin bly, gepleeg het.
20. Die stede sal verwoes word en die grond sal verlate lê. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”
21. Die Here het nog ’n keer met my gepraat:
22. “Mensekind, wat is daardie spreuk wat in die land Israel gebruik word? Julle sê: ‘Die tyd gaan verby en maak van elke profeet ’n leuenaar.’