13. Dan sal Ek my vangnet uitgooi en hom vang. Ek bring hom na Babilon, die land van die Babiloniërs. Maar hy sal sy land nooit sien nie, en hy sal daar doodgaan.
14. Ek sal almal wat hom help, sy diensknegte en wagte, in alle rigtings verstrooi, en hulle met die swaard doodmaak.
15. “Die dag wanneer Ek hulle tussen die nasies en oor baie lande verstrooi, sal hulle weet dat Ek die Here is.
16. Maar Ek sal enkeles van hulle red van die oorlog, hongersnood en pessiektes sodat hulle vir die nasies waar hulle gaan bly van hulle afskuwelike dade kan vertel. Dan sal die nasies besef dat Ek die Here is!”
17. Die Here het weer met my gepraat:
18. “Mensekind, bewe terwyl jy jou kos eet en bewe van vrees terwyl jy jou water drink.