Eksodus 40:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Jy moet die linnemure rondom die binnehof opslaan en die gordyn by die ingang na die binnehof ophang.

9. “Vat van die salfolie en sprinkel daarvan op die tabernakel en alles wat daarin is om dit so vir My te wy. Dit sal dan heilig wees.

10. Sprinkel ook van die salfolie oor die brandofferaltaar en al sy bybehore om dit te heilig. Die altaar sal dan ook aan My gewy wees.

Eksodus 40