Eksodus 40:21-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Toe het hy die ark in die tabernakel neergesit. Hy het die gordyne voor die ark gehang om dit af te skort. Dit was presies soos die Here vir hom gesê het.

22. Daarna het hy die tafel in die tabernakel teen die noordelike muur neergesit net buite die afskorting.

23. Hy het die offerbrode daarop neergesit voor die Here, net soos die Here vir hom gesê het.

24. Hy het die kandelaar in die tabernakel regoor die tafel teen die suidelike muur neergesit.

25. Die lampies het hy aan die staander vasgesit soos die Here gesê het

26. en die altaar vir die wierook in die tabernakel het hy voor die afskorting neergesit.

Eksodus 40