Eksodus 29:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Verbrand dit alles op die altaar. Dit is ’n brandoffer vir die Here. Dit is aanneemlik vir die Here.

19. “Vat nou die ander ram. Laat Aäron en sy seuns hulle hande ook op sy kop sit.

20. Slag die ram en vang sy bloed op. Smeer van sy bloed aan die regteroorlel van Aäron en sy seuns en ook aan hulle regterduime en regtergroottone. Sprinkel die bloed wat oor is teen die kant van die altaar.

Eksodus 29