Eksodus 18:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Moses het uit die hele Israel bekwame manne gekies en hulle as leiers oor die volk aangestel oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense.

26. Hulle was voltydse regters oor die volk. Groter sake is na Moses toe gebring en kleiner sake het hulle self hanteer.

27. Moses het toe afskeid geneem van sy skoonpa en hy het na sy land toe teruggegaan.

Eksodus 18