1. Moses se skoonpa, Jetro, die priester van Midian, het gehoor van alles wat God vir Moses en sy volk gedoen het. Hy het gehoor hoe die Here hulle uit Egipte verlos het.
2. Sy skoonpa het toe sy vrou, Sippora, en sy twee seuns saam met hom na Moses gebring. Moses het haar destyds na haar pa teruggestuur.
3. Sy een seun se naam was Gersom omdat Moses ’n vreemdeling was in ’n ander land.