Eksodus 11:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Al die amptenare van Egipte sal dan voor my kom neerval en my smeek: ‘Trek tog en vat al jou volgelinge saam met jou!’ Eers dan sal ek gaan!” Moses is toe kwaad van die farao af weg.

9. Die Here het met Moses gepraat: “Die farao gaan nog nie na julle luister nie. Dit gaan My kans gee om nog kragtiger wonders in Egipte te doen.”

10. Alhoewel Moses en Aäron al hierdie wonders voor die farao laat gebeur het, het die Here hom tog nog hardkoppig gemaak. Hy het bly weier om Israel te laat gaan.

Eksodus 11