Deuteronomium 34:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die Here het hom in ’n vlakte naby Bet-Peor begrawe, maar tot vandag toe nog weet niemand presies waar die plek is nie.

7. Moses was 120 jaar oud toe hy dood is sonder dat sy oë verswak geraak het of sy krag min geword het.

8. Die volk Israel het in die vlakte van Moab vir 30 dae oor Moses gerou totdat die gebruiklike tyd van rou verby was.

9. Josua, die seun van Nun, was gevul met wysheid, want Moses het sy hande op hom gelê. Die volk Israel het na hom geluister en het alles gedoen net soos die Here vir Moses beveel het.

10. Daar was nooit weer ’n profeet in Israel soos Moses nie. Hy het die Here persoonlik geken.

11. Die Here het Moses gestuur om al die tekens en wonders in Egipte voor die farao, sy dienaars en die hele land te doen.

12. Dit was deur Moses wat die Here sy magtige en skrikwekkende dade voor die oë van die hele Israel gedoen het.

Deuteronomium 34