Deuteronomium 32:48-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

48. Daardie selfde dag nog het die Here vir Moses gesê:

49. “Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab oorkant Jerigo. Kyk uit oor die land Kanaän, die land wat Ek aan die volk Israel gaan gee as hulle eie besitting.

50. Jy sal daar op die berg sterf en by jou voorouers aansluit, net soos jou broer Aäron op Horberg gesterf en by sy voorouers aangesluit het.

51. Beide van julle was ontrou aan My voor die oë van die Israeliete by die water van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn. Julle het nagelaat om my heiligheid onder die Israeliete te handhaaf.

52. Jy sal dan die land regoor jou van ’n afstand af sien, maar jy self mag nie die land binnegaan wat Ek aan die volk Israel gee nie.”

Deuteronomium 32