Deuteronomium 23:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “’n Man wie se geslagsorgane vermink is of wat ontman is, mag nie deel wees van die vergadering van die Here nie.

2. Dié wat uit ’n ontoelaatbare verhouding gebore is, asook hulle nageslag tot in die tiende generasie, mag nie ingesluit word in die vergadering van die Here nie.

3. “Geen Ammoniet of Moabiet of enige van hulle nageslag tot in die tiende generasie mag ingesluit word in die vergadering van die Here nie.

Deuteronomium 23