14. Ek sal my volk Israeluit ballingskap laat terugkom.Hulle sal die verwoeste dorpe weer opbou en bewoon.Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink.Hulle sal boorde aanplant en die vrugte daarvan eet.”
15. Die Here hulle God sê: “Ek sal hulle in hulle land hervestig.Ek sal nooit weer toelaat dat iemand hulle wegneem uit die land wat Ek vir hulle gegee het nie.”