4. Verder sê die Herevir die volk Israel:“Kom terug na My toe, en leef!
5. Moenie afgode raadpleegin Bet-El nie. Moet ook nie na Gilgal gaanof na Berseba toe nie.Die mense van Gilgal sal in ballingskap gaan.Niks sal oorbly van die mense van Bet-El nie.”
6. Kom terug na die Here toe en leef! As julle dit nie doen nie, sal Hy soos vuur deur die nageslag van Josef trek.Die vlamme sal Bet-El verteer sonder dat iemand dit blus.
7. Julle verdraai die reg tot onreg,regverdigheid verwerp julle.
8. Hy, die Skepper van die Sewester en Orion,sy Naam is Here.Hy verander donkernag in môreligen die dag in nag.Hy roep die water uit die see en giet dit weer oor die aarde.
9. In ’n oogwink oorweldig Hy magtige mense en vernietig Hy vestings.
10. Julle haat eerlike regters.Julle verafsku mense wat die waarheid praat.
11. Julle vertrap die armes en eis ’n deel van hulle graan.Daarom, omdat julle dit doen,sal julle nooit kan woonin die deftige steenhuisewat julle bou nie.Julle het wingerde aangeplant,maar julle sal nooit drink van die wyn wat dit oplewer nie.
12. Ek weet hoeveel oortredings julle het en hoe groot julle sondes is.Julle onderdruk goeie mense deur omkoopgeld te eis.Julle ontneem die armes van hulle reg in die howe.
13. ’n Verstandige mens bly in hierdie tyd eerder stil omdat dit ’n tyd vol onreg is.
14. Doen wat goed is en vlug vir die kwaad,dan sal julle lewe!Dan sal Hy, die Here God,die Almagtige, by julle wees soos julle gesê het dat Hy is.
15. Julle moet die bose haat en die goeie liefhê.Sorg dat regverdigheid in die howe seëvier.Miskien sal die Here God, die Almagtige, nog genade hê vir dié wat oorgebly het van Josef se nageslag.
16. Die Here God, die Almagtige, die Here, sê: “Omdat dit gebeur het, sal mense op die pleine en op al die strateuitroep van smart.Roep die boere op om saam met julle te huil en die gehuurde rouklaers om te kla.
17. Selfs in die wingerdesal mense huil, want Ek beweeg onder julle om julle te straf,”sê die Here.
18. Daar wag ’n ontnugtering op julle wat uitsienna die Dag van die Here.Waarom wens julle dat die Dag van die Heremoet kom?Dit gaan ’n donker dag wees,nie ’n dag van lig nie.