2 Timoteus 2:17-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hierdie soort praatjies versprei soos kanker. Himeneus en Filetus is voorbeelde hiervan.

18. Hulle het die pad van die waarheid verlaat met hulle bewering dat die opstanding van die dooies alreeds plaasgevind het. Daarmee het hulle die geloof van sommige ondermyn.

19. Maar God se waarheid staan vas soos ’n fondamentsteen met die volgende inskripsie: “Die Here ken dié wat aan Hom behoort,” en: “Dié wat beweer dat hulle aan die Here behoort, moet wegdraai van alle boosheid.”

20. In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik.

21. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.

22. Vlug vir enigiets wat jeugdige drange aanwakker. Spits jou daarop toe om reg voor God te lewe. Streef na geregtigheid, geloof, liefde en vrede saam met dié wat die Here met rein harte aanroep.

23. Ek sê weer, moenie betrokke raak in dwase, onsinnige argumente wat net twis veroorsaak nie.

24. Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees. Hulle moet bekwaam wees om mense doeltreffend te onderrig en geduldig wees met moeilike mense.

2 Timoteus 2