2 Samuel 20:23-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Joab is weer herstel in sy pos as bevelvoerder van die leër van Israel. Benaja seun van Jojada was bevelvoerder van Dawid se Filistynse lyfwag.

24. Adoram was in bevel van die dwangarbeiders. Josafat seun van Agilud was die skrywer.

25. Sewa was die staatsekretaris. Sadok en Abjatar was die priesters.

26. Ira uit Jaïr was ook Dawid se priester.

2 Samuel 20