2 Samuel 18:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die leër het op die vlakte teen Israel opgetrek. Die geveg het tot in die Efraimsbos uitgebrei.

7. Dawid se leër het die magte van Israel verslaan. Daar was ’n groot slagting en 20 000 soldate het daardie dag gesneuwel.

8. Die gevegte het oor die hele gebied uitgebrei. Meer mense het as gevolg van die bos omgekom as wat deur die swaard gesneuwel het.

9. Dawid se manne het op Absalom afgekom. Hy het op ’n muil gery. Die muil het onder die digte takke van ’n groot boom deurgegaan waar Absalom se kop tussen die takke vasgevang is. Sy muil het onder hom uit gehardloop sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het.

10. Iemand het gesien wat gebeur het en vir Joab gaan vertel: “Weet u, ek het Absalom gesien waar hy aan ’n boom hang!”

11. “Wat?” sê Joab. “Jy het hom gesien en hom nie eers doodgemaak nie? Ek sou jou dan met tien silwerstukke en ’n gordel beloon het!”

12. “Selfs al sou 1 000 silwerstukke in my hand afgeweeg word, sou ek nie my hand teen die koning se seun gelig het nie,” sê die man. “Ons het tog almal gehoor hoe die koning vir u en Abisai en Ittai beveel: ‘Wees ter wille van my versigtig met die jong man Absalom.’

2 Samuel 18