Maar die soldate het sterk beswaar gemaak. “Nee! U moenie saamgaan nie,” sê hulle. “As ons moet vlug, sal niemand hulle aan ons steur nie; selfs as die helfte van ons doodgaan, sal niemand ag slaan op ons nie. Maar u is soos 10 000 van ons. Dit sal beter wees as u ons liewer van die stad se kant af kom help as dit nodig is.”