2 Samuel 1:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “Ek het hom toe uit sy lyding verlos en hom doodgemaak,” sê die Amalekiet vir Dawid, “want ek kon sien hy was dodelik gewond na sy val en dat hy nie meer lank sou kon lewe nie. Ek het sy kroon en een van sy armbande gevat om dit na u, my heer, te bring.”

11. Toe Dawid dit hoor, het hy en sy manskappe hulle klere geskeur.

12. Hulle het gerou en getreur en tot die aand toe gevas oor die dood van Saul en Jonatan en oor die volk van die Here en die krygsmanne van Israel omdat hulle gesneuwel het.

13. Dawid vra toe vir die jong man wat die nuus gebring het: “Van waar is jy nou weer?”Hy antwoord: “Ek is ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.”

14. “Was jy dan nie bang om die gesalfde van die Here dood te maak nie?” vra Dawid vir hom.

15. Toe beveel Dawid een van sy manskappe: “Maak hom dood!” Die man het die Amalekiet aangeval sodat hy gesterf het.

16. “Jy het jou eie doodsvonnis uitgespreek,” sê Dawid, “want jy het self erken: ‘Ek het die gesalfde van die Here doodgemaak.’”

2 Samuel 1