2 Samuel 1:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die tyd na Saul se dood het Dawid teruggekom van sy oorwinning oor die Amalekiete en het reeds twee dae lank in Siklag gebly,

2. toe daar op die derde dag ’n man van Saul se kamp af aankom. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop as teken van rou. Toe hy by Dawid kom, val hy in eerbied voor hom op die grond.

3. “Waar kom jy vandaan?” vra Dawid hom.“Ek het uit die kamp van Israel gevlug,” antwoord hy.

4. “Wat het gebeur?” vra Dawid. “Vertel my hoe sake verloop het.”Die man antwoord hom: “Die leër het op die vlug geslaan en talle van hulle het gesneuwel. Saul en sy seun Jonatan is ook dood.”

5. “Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?” vra Dawid vir die jong man.

6. Hy antwoord: “Ek was toevallig op Gilboaberg toe ek sien Saul leun op sy spies terwyl die strydwaens van die vyand naderkom.

2 Samuel 1