2 Kronieke 30:23-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Die hele vergadering het toe besluit om die fees vir ’n verdere sewe dae te verleng sodat hulle nog ’n week lank feesgevier het.

24. Hiskia, koning van Juda, het 1 000 beeste en 7 000 skape vir die vergadering gegee. Die leiers het ook 1 000 beeste en 10 000 skape gegee. ’n Groot getal priesters het hulleself gereinig.

25. Die hele vergadering van Juda het gejuig: die priesters, Leviete, die gemeente wat uit Israel gekom het, die uitlanders uit Israel, asook almal wat in Juda gewoon het.

26. Daar was groot blydskap in die stad, want Jerusalem het sedert die dae van Salomo seun van koning Dawid nie weer ’n feesviering soos hierdie gesien nie.

27. Nadat die priesters en Leviete opgestaan het en die seën oor die volk uitgespreek het, het God dit gehoor, want hulle gebed het die heilige woning in die hemel bereik.

2 Kronieke 30