1. Amasia was 25 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het 29 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Jehoaddan van Jerusalem.
2. Amasia het gedoen wat reg was vir die Here, maar nie met sy hele hart nie.
3. Toe Amasia goed gevestig was as koning, het hy die mans tereggestel wat sy pa vermoor het.
4. Die kinders van die moordenaars het hy egter nie doodgemaak nie, want hy het opgetree volgens die voorskrifte van die Here in die boek van Moses: “Ouers moet nie doodgemaak word vir die sondes van die kinders nie; en kinders moenie doodgemaak word vir die sondes van hulle ouers nie. Hulle wat aan die dood skuldig is, moet vir hulle eie oortredings doodgemaak word.”