2 Kronieke 19:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. het Jehu die siener, seun van Ganani, hom tegemoetgegaan en vir koning Josafat gevra: “Hoekom help u die goddelose en betoon u liefde aan ’n hater van die Here? Wat u gedoen het, het die toorn van die Here teen u laat ontvlam.

3. Maar u het ook goeie dinge gedoen, want u het die Asjerapale dwarsdeur die land vernietig en u het u daarop toegespits om God te dien.”

4. Josafat het in Jerusalem gewoon, maar het weer tussen sy mense rondgegaan. Hy het van Berseba tot by die Efraimsberge gereis en die mense aangemoedig om hulle tot die Here die God van hulle voorouers te bekeer.

5. Hy het in al die versterkte stede oor die hele land van Juda regters aangestel

6. en aan hulle bepaalde opdragte gegee: “Dink versigtig voordat julle oordele uitspreek. Onthou dat julle nie regspreek om mense te bevredig nie, maar om die Here te bevredig. Hy sal by julle wees wanneer julle uitspraak lewer.

7. Vrees die Here en oordeel met versigtigheid, want die Here ons God verdra nie verdraaide regspraak, partydigheid of die aanvaarding van omkoopgeld nie.”

2 Kronieke 19