2 Kronieke 19:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Josafat van Juda veilig tuiskom in Jerusalem,

2. het Jehu die siener, seun van Ganani, hom tegemoetgegaan en vir koning Josafat gevra: “Hoekom help u die goddelose en betoon u liefde aan ’n hater van die Here? Wat u gedoen het, het die toorn van die Here teen u laat ontvlam.

3. Maar u het ook goeie dinge gedoen, want u het die Asjerapale dwarsdeur die land vernietig en u het u daarop toegespits om God te dien.”

2 Kronieke 19