2 Kronieke 11:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Rehabeam het in Jerusalem gewoon en verskeie stede herbou om Juda te verdedig.

6. Hy het die volgende plekke herbou: Betlehem, Etam, Tekoa,

7. Bet-Sur, Soko, Adullam,

8. Gad, Maresa, Sif,

9. Adorajim, Lakis, Aseka,

10. Sora, Ajalon en Hebron.

11. Rehabeam het hulle verdediging versterk en vir hulle bevelvoerders aangestel. In elkeen van hulle het hy voorrade kos, olyfolie en wyn daar gebêre.

2 Kronieke 11