2 Korintiërs 7:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak.

2. Skep vir ons ruimte by julle. Ons het niemand verontreg nie; ons het niemand se ondergang veroorsaak nie; ons het niemand uitgebuit nie.

2 Korintiërs 7