28. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes.
29. Watter medegelowige is swak, en ek voel nie saam swak nie? Wie word tot struikeling gebring, en ek raak nie uitermate ontsteld nie?
30. As daar dan grootgepraat móét word, sal ek spog, maar dan veel eerder oor my swakhede.
31. Die God en Vader van die Here Jesus weet – aan Hom kom die lof toe tot in ewigheid – dat ek nie ’n leuen vertel nie.