2 Korintiërs 11:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Wat ek doen, sal ek aanhou doen. Daarmee sal ek die aanleiding afsny van dié mense wat ’n geleentheid soek om as ons gelykes bevind te word in die saak waaroor hulle spog.

13. Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is.

14. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is.

15. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien.

16. Ek sê weer ’n keer: Niemand moet dink dat ek die kluts skoon kwyt is nie. Of so nie, beskou my maar as dwaas sodat ek ook ’n bietjie kan grootpraat.

2 Korintiërs 11