27. Die Here het nog nie gesê dat Hy die naam van Israel heeltemal sou uitwis nie. Daarom het Hy Jerobeam II, seun van Joas, gebruik om hulle te red.
28. Die ander gebeurtenisse tydens die regering van Jerobeam II, alles wat hy gedoen het, asook sy heldedade, sy oorloë en hoe hy Damaskus en Hamat, wat aan Juda behoort het, vir Israel herower het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.
29. Toe Jerobeam II sterf, is hy begrawe in die familiegraf van die konings van Israel. Sy seun Sagaria het hom opgevolg.