1 Samuel 8:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hy sal ’n tiende van julle kleinvee vat. Julle sal niks anders as sy slawe wees nie.

18. “Wanneer dit gebeur, sal julle om hulp roep oor die koning wat julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”

19. Maar die volk wou nie na Samuel se waarskuwings luister nie. “Nee, ons wil nogtans ’n koning hê!” het hulle gesê.

20. “Ons wil soos die nasies om ons wees. Ons koning moet oor ons regeer en ons op die slagveld lei.”

21. Samuel het die Here vertel wat die mense gesê het.

22. Die Here se antwoord was: “Doen soos hulle sê en stel ’n koning oor hulle aan.” Samuel sê toe vir die manne van Israel: “Gaan nou elkeen na sy huis toe.”

1 Samuel 8