19. Die Here het egter 70 man van Bet-Semes laat sterf omdat hulle die ark van die Here bekyk het. Die inwoners het gerou omdat die Here so baie mense laat sterf het.
20. “Wie kan standhou in die teenwoordigheid van die Here, hierdie heilige God?” het hulle uitgeroep. “Waarheen kan ons die ark stuur?”
21. Hulle stuur toe boodskappers na die inwoners van Kirjat-Jearim en sê vir hulle: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggestuur. Kom haal dit asseblief hier!”