1 Samuel 4:6-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “Wat gaan aan?” het die Filistyne gevra. “Waaroor gaan al die geskreeu in die kamp van die Hebreërs?” Toe hulle hoor dat die verbondsark van die Here daar aangekom het,

7. was hulle paniekbevange. “Hulle God het in hulle kamp aangekom!” het hulle uitgeroep. “Dit is ’n ramp! So iets het nog nooit gebeur nie!

8. Wie kan ons red van hierdie magtige God van Israel? Dit is dieselfde God wat Egipte in die woestyn met allerlei plae geteister het.

9. Filistyne, julle sal met mag en mening moet veg! As julle dit nie doen nie, sal ons die slawe van die Hebreërs word soos hulle ons slawe was!”

10. Die Filistyne het toe desperaat geveg en Israel weereens verslaan. Dit was ’n groot slagting: 30 000 Israeliete het daardie dag gesterf. Dié wat dit oorleef het, het na hulle tente toe gevlug.

11. Die ark van God is ook afgeneem en Hofni en Pinehas, die twee seuns van Eli, is doodgemaak.

12. Iemand uit die stam van Benjamin het dié dag van die slagveld af na Silo toe gehardloop. Hy het sy klere geskeur en daar was as op sy kop as teken van rou.

13. Eli het langs die pad gesit en wag op nuus van die veldslag, want hy was bekommerd oor die ark van God. Toe die boodskapper daar aankom en vertel wat gebeur het, het die mense in die dorp hulle ontsteltenis uitgeskreeu.

14. “Waaroor is al die geraas en oproer?” het Eli gevra.Die boodskapper het na Eli toe gehardloop.

1 Samuel 4