11. Daarna het Elkana en Hanna sonder Samuel teruggegaan na Rama toe. Die seun het die Here onder toesig van die priester Eli gedien.
12. Die seuns van Eli was egter slegte mense sonder enige respek vir die Here.
13. Die gebruik van die priesters was dat wanneer iemand ’n offer bring, die dienaar van die priesters met ’n drietandvurk kom sodra die vleis kook
14. en dit in die pot of bak steek. Alles wat aan die vurk vassit, het die priesters dan vir hulle geneem. Dit was die gebruik vir al die Israeliete wat na Silo toe gekom het om te offer.
15. Maar die dienaar van Eli se seuns het gekom nog voordat die vet gebrand is, en het vir die man wat offer, gesê: “Gee vir die priester vleis om te braai! Hy sal nie gekookte vleis aanvaar nie, net rou vleis.”