17. Die poortwagters wat teruggekom het, was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoofpoortwagter.
18. Voor hierdie tyd was hulle verantwoordelik vir die koningspoort aan die oostekant. Hierdie manne was die poortwagters vir die kampe van die Leviete.
19. Sallum was die seun van Kore, ’n afstammeling van Abiasaf, van die Koraggroep. Hy en sy familie, die Koragiete, was verantwoordelik om die ingang na die heiligdom te beskerm, net soos hulle voorouers die tabernakel in die kamp van die Here beskerm het.
20. Pinehas, seun van Eleasar, was vroeër in beheer van die poortwagters, en die Here was met hom.
21. Later was Sagaria, seun van Meselemja, verantwoordelik om die ingang na die tent van ontmoeting te beskerm.
22. Altesame was daar 212 poortwagters in daardie dae, en hulle name is almal in geslagsregisters in hulle dorpe opgeteken. Dawid en die siener Samuel het hulle voorouers aangestel omdat hulle betroubare manne was.
23. Hulle en hulle afstammelinge was verantwoordelik om die ingang na die huis van die Here te beskerm, die huis wat voorheen ’n tent was.
24. Die poortwagters moes aan al vier kante staan – oos, wes, noord en suid.
25. Hulle naasbestaandes het van tyd tot tyd uit die dorpies gekom om vir periodes van sewe dae hulle pligte te deel.