1. Die hele Israel se name is in geslagsregisters opgeskryf in Die boek van die konings van Israel. Die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer omdat hulle ontrou aan die Here was.
2. Die eerste wat weer na hulle eiendom in die dorpe waar hulle voorheen gebly het, teruggekeer het, was gewone Israeliete, priesters, Leviete en tempelbediendes.
3. Mense van die stamme van Juda, Benjamin, Efraim en Manasse het gekom en in Jerusalem gaan bly.
4. Een familie wat teruggekom het, was dié van Utai, seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, ’n afstammeling van Peres, seun van Juda.
5. Ander wat teruggekom het, was van die Silonietegroep, insluitende Asaja die oudste, en sy seuns.
6. Van die Seraggroep het Jeüel en sy familie teruggekeer.Altesame 690 families van die stam van Juda het teruggekom.
7. Van die stam van Benjamin het Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,
8. Jibneja, seun van Jerogam, Ela, seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija teruggekom.
9. Hierdie manne was almal leiers van families, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Altesame 956 mense van die stam van Benjamin het teruggekom.
10. Tussen die priesters wat teruggekom het, was Jedaja, Jojarib, Jakin
11. en Asarja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub. Asarja was die hoofamptenaar van die huis van God.