36. Agas was die pa van Jehoadda. Jehoadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.
37. Mosa was die pa van Bina. Bina was die pa van Rafa. Rafa was die pa van Elasa. Elasa was die pa van Asel.
38. Asel het ses seuns gehad: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.
39. Asel se broer Esek het drie seuns gehad: Ulam, die oudste, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde.
40. Die seuns van Ulam was almal vaardige soldate en ervare boogskutters. Hulle het baie kinders en kindskinders gehad, 150 in totaal. Hulle was almal afstammelinge van Benjamin.