1 Kronieke 7:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die vier seuns van Issaskar was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2. Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n leier van hulle familie. Teen die tyd van koning Dawid was 22 600 manne vir militêre diens beskikbaar uit dié families.

3. Die seun van Ussi was Seragja. Die seuns van Seragja was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf het die leiers van families geword.

4. Tussen hulle afstammelinge was 36 000 beskikbaar vir militêre diens, want al vyf van hulle het baie vroue en kinders gehad.

1 Kronieke 7