1 Kronieke 5:21-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die buit wat hulle by die Hagareërs afgevat het, het 50 000 kamele, 250 000 skape, 2 000 donkies en 100 000 gevangenes ingesluit.

22. Baie van die Hagareërs is in die oorlog doodgemaak omdat God teen hulle baklei het. Hulle het in hulle land gebly totdat hulle in ballingskap weggevoer is.

23. Die halwe stam van Manasse het in die land gewoon vanaf Basan tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg. Hulle was baie mense.

24. Die leiers van hulle families was: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Elkeen van hierdie manne het ’n groot reputasie gehad as dapper soldaat en leier.

25. Maar hulle was ontrou aan die God van hulle voorouers. Hulle het die gode aanbid van die volke wat God vernietig het.

26. Daarom het die God van Israel veroorsaak dat koning Pul van Assirië, ook bekend as Tiglat-Pileser, die land binnegeval het en die Rubeniete, Gadiete en die halwe stam van Manasse as gevangenes weggelei het. Die Assiriërs het hulle in ballingskap na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier gevat, waar hulle tot vandag toe bly.

1 Kronieke 5