39. Hulle het tot by die ingang na Gedor getrek, in die oostelike deel van die dal, op soek na weiveld vir hulle kleinvee.
40. Hulle het goeie weiveld daar gekry, en die land was ruim, rustig en stil.Party van Gam se afstammelinge het vroeër daar gebly.
41. Maar gedurende die regering van koning Hiskia van Juda het die leiers van Simeon die gebied binnegeval en hulle het die huise van die afstammelinge van Gam en van die Meüniete as banoffer volledig vernietig. Hulle het almal doodgemaak wat daar gebly het en die land vir hulleself gevat, want hulle het die goeie weiveld vir hulle kuddes nodig gehad.
42. 500 van hierdie invallers van die stam van Simeon het na Seïrberg getrek, gelei deur Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi.