1 Kronieke 4:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Sobal se seun, Reaja, was die pa van Jagat. Jagat was die pa van Agumai en Lahad. Dit is die afstammelinge van die Soranergeslagte.

3. Die afstammelinge van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi.

4. Penuel was die pa van Gedor, en Eser die pa van Gusa. Dit is die afstammelinge van Gur, die oudste seun van Efrata, die afstammeling van Betlehem.

5. Asgur was die pa van Tekoa en hy het twee vroue gehad: Gela en Naära.

6. Naära het geboorte gegee aan Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Dit was die seuns van Naära.

7. Die seuns van Gela was Seret, Sogar, Etnan

8. en Kos, wat die pa was van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, die seun van Harum.

1 Kronieke 4