1. Dit is die seuns wat vir Dawid in Hebron gebore is: Die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam uit Jisreël was.Die tweede was Kilead, wie se ma Abigajil uit Karmel was.
2. Die derde was Absalom, wie se ma Maäka, dogter van Talmai, die koning van Gesur, was.Die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was.
3. Die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was.Die sesde was Jitream, wie se ma Egla was.
4. Hierdie ses seuns is vir Dawid in Hebron gebore waar hy sewe en ’n half jaar regeer het.In Jerusalem het hy ’n verdere 33 jaar regeer.
5. Die seuns wat vir hom in Jerusalem gebore is, is Sima, Sobab, Natan en Salomo. Batseba, die dogter van Ammiël, was die ma van hierdie seuns.